Hoërskool Centurion
Volg Hoërskool Centurion
Skoolprestasies
Ambassadeur 2026

Die Ambassadeur-toekenning vereer ’n leerder wat Hoërskool Centurion met trots, integriteit en onderskeiding verteenwoordig. Alison Farla se karakter, leierskap en positiewe invloed het hierdie leerder ’n waardige ontvanger van hierdie besondere erkenning gemaak. Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!
Kopieer skakel
Grootsport-leerders 2026

Anica Blom en Elné Moolman ontvang die Grootsport-leerder-toekenning vir hulle sportprestasie, toewyding en sportmanskap.
Kopieer skakel
Dux-leerder 2026

Hoërskool Centurion is trots om Mia Marais as ons Dux-leerder vir 2026 te vereer. Hierdie besondere prestasie is ’n weerspieëling van uitstaande akademiese vermoë, volgehoue toewyding, selfdissipline en ’n verbintenis tot uitnemendheid. Baie geluk met hierdie welverdiende erkenning
Kopieer skakel
Hoofleiers 2026/2027

Dit is met groot trots en opgewondenheid dat ons Matthew Austin as hoofseun en Amelie Essex-Ferreira as hoofdogter van Hoërskool Centurion 2026/2027 bekendstel. Om as hoofleier aangewys te word, is ’n besondere voorreg en ’n groot verantwoordelikheid wat die vertroue en verwagtinge van die hele skoolgemeenskap verteenwoordig. Alle voorspoed met die groot taak wat voorlê!
Kopieer skakel
Kleinsport-leerders 2026

Amé en Lea van der Merwe ontvang die Kleinsport-leerder-toekenning vir hulle sportprestasie, entoesiasme, toewyding en sportmanskap.
Kopieer skakel
Kultuurleerder 2026

Die Kultuurleerder-toekenning vereer ’n leerder wat deur talent, kreatiwiteit, toewyding en deelname ’n besondere bydrae tot die kultuurlewe van Hoërskool Centurion gelewer het. Merie Langner se betrokkenheid het ’n waardevolle bydrae tot die kultuurgemeenskap van ons skool gelewer. Baie geluk met hierdie besondere prestasie.
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Akademie

Baie geluk aan E'duan Kirsten en Xané Erasmus wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Akademie sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Bemarking

Baie geluk aan Eddie Mothoa, Luhardt Blom, Neels Kruger, Annika Oelofse, Kaylin Engelbrecht en Leila Malan wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Bemarking sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Dienste

Baie geluk aan CJ du Plessis, Johannes Bredell, Amy Nortje en Chandoné Britz wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Dienste sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Gees

Baie geluk aan Marcel de Waal en Chriselda Greeff wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Gees sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Geestesgesondheid

Baie geluk aan Benedict Hubble en Wilmari Hoffmann wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Geestesgesondheid sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Graad 8-voogde

Baie geluk aan Ewald Calitz en Carli de Villiers wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Graad 8-voogde sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Kultuur

Baie geluk aan André Labuschagne en Maaike Koegelenberg wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Kultuur sal behartig!
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Sosiaal

Baie geluk aan Tristan van Loggerenberg, Waldo Venter, Danielle Darby en Zia de Bruyn wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Sosiaal sal behartig
Kopieer skakel
Leerlingraad 2026/2027: Sport

Baie geluk aan Amahle Kilani en Iske Cilliers wat pas aangewys is as die leerlingraad van 2026/2027 en die portefeulje van Sport sal behartig!
Kopieer skakel
Onderhoofleiers 2026/2027

Met groot opgewondenheid en trots stel ons graag Ruan Janse van Rensburg en Japie Crafford as onderhoofseuns en Ivancka Penwarden en Nika Naudé as onderhoofdogters van Hoërskool Centurion 2026/2027 bekend. Hierdie aanwysing is ’n besondere erkenning van julle leierskapsvermoë, karakter en bereidwilligheid om ’n verskil in ons skool te maak. As onderhoofleiers staan daar ’n belangrike rol van ondersteuning, leiding en diens aan die skoolgemeenskap voor. Mag julle met trots en toewyding leiding gee!
Kopieer skakel
Uitnemende leerder 2026

Uitnemendheid word gekenmerk deur toewyding, deursettingsvermoë en die voortdurende strewe om jou volle potensiaal te bereik. Bernick Fourie ontvang hierdie toekenning in erkenning van besondere prestasie, karakter en ’n betekenisvolle bydrae tot die skoolgemeenskap. Baie geluk met hierdie welverdiende toekenning.