Laerskool Louis Leipoldt
Volg Laerskool Louis Leipoldt
Sport

Abrie Botha
Baie geluk aan Abrie Botha wat op Saterdag, 14 November, uitstekend presteer het tydens die AGN Sub-Youth-kampioenskappe by Pilditch! 600 m (Seuns O/9) – 2de plek en silwermedalje! Met hierdie besonderse prestasie het Abrie ook gekwalifiseer om Gauteng-Noord by die SA Sub-Youth-kampioenskappe op 4 en 5 Desember in Potchefstroom te verteenwoordig!
Kopieer skakel

Anlia Pretorius
Ons is ongelooflik trots op Anlia Pretorius wat uitstekend presteer het tydens die Primary Sub-Youth AGN Championships by Pilditch! 80 m – 1ste plek 60 m – 2de plek Anlia het in albei wedlope die vereiste kwalifiserende tye behaal! Ons hou styf duimvas dat sy vir die AGN-span gekies sal word om aan die ASA Primary Sub-Youth Nationals deel te neem, wat vroeg in Desember in Potchefstroom plaasvind. Baie geluk, Anlia! Jou harde werk, spoed en deursettingsvermoë maak ons sommer baie trots!
Kopieer skakel

Francois Pienaar
Baie geluk aan Francois Pienaar wat uitstekend presteer het tydens die Primary Sub-Youth AGN Championships by Pilditch! 1200 m – 2de plek! Francois het ook die vereiste kwalifiserende tyd behaal en is amptelik vir die AGN-span gekies! Hy gaan op 4 en 5 Desember 2026 aan die ASA Primary Sub-Youth Nationals in Potchefstroom deelneem!
Kopieer skakel

Luhan de Wet
Van die Leipie-skoolbanke tot die wêreldverhoog! Ons is ongelooflik trots op Luhan de Wet, wat tans in Portugal aan die Rotax World Finals deelneem! Luhan verteenwoordig Suid-Afrika en ding mee teen 72 van die wêreld se beste jong karters in sy klas! Luhan, jou hele Leipie-familie staan bankvas agter jou! Ons wens jou alle sterkte toe met hierdie ongelooflike geleentheid. Gee jou beste, geniet elke oomblik en wys die wêreld wat in jou steek!
Mini Max.
Kopieer skakel

Nika Snyman
Baie geluk aan Nika Snyman wat uitstekend presteer het tydens die Noord-Gauteng-atletiekbyeenkoms! Gewigstoot (D/11) – 4de plek! Nika het ook die vereiste kwalifiserende standaard behaal en is vir die Noord-Gauteng-span gekies wat in Desember aan die SA Atletiekkampioenskappe gaan deelneem!
Kopieer skakel

Alex Snyman
Baie geluk aan Alex Snyman wat aan die SA Stoeikampioenskappe in die Kaap deelgeneem en 'n uitstekende bronsmedalje verower het! Wat 'n besonderse prestasie op nasionale vlak!
Kopieer skakel
Kultuur

Ziyané Kriel
Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is baie trots op Ziyané Kriel wat tydens die Stage Quest-kompetisie met haar solo-optrede ’n 1ste plek en Pro-Gold (90%+) verwerf het! Asof dit nie reeds indrukwekkend genoeg is nie, het sy boonop ’n Special Award ontvang! Baie geluk, Ziyané! Jy hou die Leipie-naam hoog!