Alle skole
November 2026 · Achievers

AWSUM Achievers · Johannesburg-Noord

Hoërskool Randburg school badge

Hoërskool Randburg

Ontmoet Randburg se hoofleiers vir 2027 en lees oor Ané Birkenstock en Megan Kleynhans se prestasies.

Hoofleiers vir 2027

Graeme Kitching en Ingrid-Mari Brümmer is Hoërskool Randburg se hoofseun en hoofdogter vir 2027.

Hoofdogter en onderhoofleiers

  • Annika van Helden — OnderhoofleierAnnika van HeldenOnderhoofleier
  • Ingrid-Mari Brümmer — HoofdogterIngrid-Mari BrümmerHoofdogter
  • Mieke Kok — OnderhoofleierMieke KokOnderhoofleier

Van links: Annika van Helden (onderhoofleier), Ingrid-Mari Brümmer (hoofdogter) en Mieke Kok (onderhoofleier).

Hoofseun en onderhoofleiers

  • Waylon Mengel — OnderhoofleierWaylon MengelOnderhoofleier
  • Graeme Kitching — HoofseunGraeme KitchingHoofseun
  • Emil Koen — OnderhoofleierEmil KoenOnderhoofleier

Van links: Waylon Mengel (onderhoofleier), Graeme Kitching (hoofseun) en Emil Koen (onderhoofleier).

Dans

Ané Birkenstock hou ’n protea vas tydens haar inhuldiging.

Ané Birkenstock verwerf Proteakleure vir akrobatiese dans

Ané Birkenstock, ’n graad 9-leerder aan Hoërskool Randburg, is in die Proteaspan opgeneem. Sy en haar groep sal Suid-Afrika in 2026 in Pole verteenwoordig, waar hulle in die akrobatiese afdeling van die International Dance Organisation (IDO) se kompetisie sal meeding.

Sport

Megan Kleynhans wen drie wêreldtitels en drie goue spanmedaljes

Megan Kleynhans hou die eindlint by die wêreldkampioenskappe vas.

Megan Kleynhans van Hoërskool Randburg het in al drie haar individuele items – Biathle, Triathle en Laser Run – die o.17-wêreldtitel gewen. Sy het saam met haar Suid-Afrikaanse spanmaats nog drie goue medaljes verower en die kampioenskappe met ses goue medaljes afgesluit.

Die UIPM-wêreldkampioenskappe het van 26 tot 31 Oktober 2026 in Funchal op die Portugese eiland Madeira plaasgevind.