Hoërskool Overkruin
Volg Hoërskool Overkruin
Skoolprestasies
Amé Venter by Talent Africa

Amé Venter het tydens die skoolvakansie twee High Silver-toekennings by die Talent Africa Nationals verwerf.
Kopieer skakel
Chanri Lombard se vier platinummedaljes

Chanri Lombard het by die PACISA Nasionale Finaal vier platinummedaljes verwerf. Met ’n gemiddeld van 95% was sy vierde algeheel in die senior toneelspelafdeling.
Kopieer skakel
Cohen Champion is Presidentsverkenner

Cohen Champion het die Voortrekkers se nasionale toekenning vir kulturele leierskap, Presidentsverkenner, ontvang. Hy is Overkruin se Ovie van die Maand vir Oktober.
Kopieer skakel
Lisa de Jager

Lisa de Jager (graad 10) en Marli de Jager (graad 12) het met hul duet Blue of Spring goud by die American Dance Awards verwerf. Hulle het Suid-Afrikaanse Dansfederasiekleure ontvang en vir die 2027 ADA Nationals Dance Tour in Boston gekwalifiseer.
Kopieer skakel
Dans

Simone Vos
Simone Vos het saam met Lisa de Jager in ’n groepdans by die SA Dance School Championships ’n Hoë Goud-medalje verwerf.
Kopieer skakel
Marli de Jager

Marli de Jager en Lisa de Jager se duet het agtste geëindig onder senior duette en trio’s in hul ouderdomsgroep by die American Dance Awards. By die SA Dance School Championships het hul duet Hoë Goud verwerf.
Kopieer skakel
Kayden Batt by die nasionale dramafinaal

Kayden Batt het twee A++-diplomas by die Afrikaanse Kunsvereniging verwerf. By die PACISA Nasionale Finaal het hy vier platinummedaljes ontvang, vyfde geëindig en op die gala-aand opgetree.
Kopieer skakel
Keandra Batt se dramatoekennings

Keandra Batt het vier afdelings by die Afrikaanse Kunsvereniging gewen, asook poësietrofeë vir graad 11 en 12. By die PACISA Nasionale Finaal het sy twee goue en twee platinummedaljes verwerf, agtste geëindig en op die gala-aand opgetree.
Kopieer skakel
Senior debutante vir 2027

Die senior debutante wat in 2027 aan Mnr. en Mej. Overkruin deelneem.
Kopieer skakel
Junior debutante vir 2027

Die junior debutante wat in 2027 aan Mnr. en Mej. Overkruin deelneem.
Kopieer skakel
Raylen Büchling wen senior drama-afdeling

Raylen Büchling het vier platinummedaljes en ’n gemiddeld van 97,3% by die PACISA Nasionale Finaal behaal. Hy het die ouderdomsgroep 17–19 en die senior afdeling gewen. Sy prys sluit ’n jaarlange drama-opleidingskursus in.
Kopieer skakel
Scott Adams haal die Suid-Afrikaanse span

Scott Adams het by die South African Championships of Performing Arts goud vir rap, hip-hop en oop dans verwerf, silwer vir kontemporêre dans en brons vir opera. Hy is vir die Suid-Afrikaanse span gekies.
Kopieer skakel
Megan Pitzer in die Wiskunde-olimpiade

Megan Pitzer was onder die voorste 100 senior deelnemers uit Suid-Afrika en sy buurlande. Haar Gautengse seniorspan het nasionaal vierde geëindig. Sy is Overkruin se Ovie van die Maand vir September.
Kopieer skakel
Thoriso Rammutla wen junior drama-afdeling
Thoriso Rammutla het by die PACISA Nasionale Finaal drie platinummedaljes (komedie 95%, gedramatiseerde poësie 95%, poësie sonder beweging 93%) en goud in die ope afdeling (88%) verwerf. Thoriso was die wenner vir ouderdomme 11–13 en die algehele junior dramawenner.